Liggaam spoel op Ballito-strand uit

Lees ook :

Liggaam spoel op Ballito-strand uit. Foto: IPSS

BALLITO, KWAZULU-NATAL. – ’n Liggaam het Dinsdag op die Zimbali-strand in Ballito uitgespoel.

Volgens IPSS Search and Rescue is die liggaam deur ’n verbyganger wat met sy hond op die strand gaan stap het, ontdek.

Na bewering blyk die liggaam dié van ’n man te wees, maar dit kan as gevolg van die gevorderde stadium van ontbinding nie bevestig word nie.

IPPS Search and Rescue, saam met die SAPD, het die liggaam van die strand verwyder. Die omstandighede rondom die slagoffer se dood sal deel van die polisie-ondersoek vorm.

Bronne: IPSS Search and Rescue, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief