WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n baba het Sondag op Clifton se Derde Strand uitgespoel. ‘n Omstander het die operasionele sentrum van die NSRI oor die liggaam ingelig.
Die NSRI sê personeel van Bakoven- en Tafelbaai-stasies het hulle saam met ander rolspelers na die toneel gehaas. Met aankoms is die ongeïdentifiseerde, ontbinde liggaam van die baba op die strand aangetref. Die liggaam is deur die staat se forensiese patologiese dienste in sorg geneem.
‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geopen.
Die NSRI het die omstander vir die vinnige optrede en al die rolspelers vir hulle sorg en omgee geprys.
Enigiemand wat die polisie in die saak kan bystaan, word gevra om Kampsbaai-polisiestasie te bel.





