Liggaam van ma van 4 verwyder na vermeende selfdood

Lees ook :

Liggaam van ma van 4 verwyder na vermeende selfdood fotokrediet: Facebook

COTTONLANDS, KZN. – Lede van Reaksie-eenheid SA (Rusa) moes gister ’n vrou se liggaam naby ’n rivierbank verwyder terwyl die watervlak aan die styg was.

Lees ook: Ouers aangeraai om siek kinders by huis te hou oor hand-voet-en-mondsiekte

’n Man wat op soek was na ’n koei wat weggeraak het, het die vrou se liggaam gekry waar dit aan ’n tak teen die rivier hang. Hy het Reaksie-eenheid SA en die polisie gebel. Dit is vasgestel die vrou het aan depressie gelei maar het nie in die laaste tyd medikasie vir haar toestand geneem nie.

Die ma van vier het vir haar familie gister gesê sy gaan na die bos toe voor sy Saterdag dood aangetref is. Daar was geen tekens van misdrywe nie en haar liggaam is verwyder.

*As jy sukkel met geestesgesondheidsuitdagings, kontak die Selfdood-krisisnoodnommer by 0800 567 567.

Bronne: Facebook

Lees ook: Ouers aangeraai om siek kinders by huis te hou oor hand-voet-en-mondsiekte

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief