Lees ook: Soektog na vermiste persone duur voort na seiljag sink
ITALIЁ. – Die liggaam van die Britse magnaat Mike Lynch is gevind in die wrak van die seiljag wat Maandag naby Sisilië gesink het.
Lynch, wat onlangs vrygespreek is op aanklagtes van bedrog in die VSA, was op die seiljag saam met sy familie en lede van sy regspan om sy vryspraak te vier.
Vyf liggame van mense wat steeds vermis was, is ook reeds gevind. Lynch se dogter, Hannah (18), is steeds vermis en word nog gesoek.
Bronne: The Zimbabwe Mail, Express, The Guardian
Lees ook: Soektog na vermiste persone duur voort na seiljag sink





