Liggaam van onbekende man in Walvisbaai-duine ontdek

Lees ook :

Liggaam van onbekende man in Walvisbaai-duine ontdek. Foto ter illustrasie: Canva

WALVISBAAI, NAMIBIË. – Die liggaam van ’n onbekende man is Sondag in die duine in Walvisbaai ontdek.

Volgens die Erongo-polisie het die man vermoedelik kokkerotdoder gedrink. Geen identifiseringsdokumente is aan sy liggaam gevind nie.

Hy is donker van gelaat en tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar. Ten tyde van sy dood het hy ’n wit T-hemp en ’n grys broek aangehad.   

Die liggaam is deur ’n man gevind wat homself as ’n pastoor geïdentifiseer het. Hy is na bewering na die duine om te bid.

Enigiemand met inligting kan die hoofondersoekbeampte Johannes Mwatongwe by 081 246 1121 of die Narraville-polisiestasie in Namibië skakel.

Bronne: Informanté, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief