Benjamin Bezuidenhout (20), ‘n voormalige leerder van Hoërskool Knysna, se liggaam is gevind nadat hy Donderdag tydens ‘n duik in die see by Griekeland vermis geraak het.
Bezuidenhout het naby die eiland van Kefalonia (Sami) vermis geraak. Sy liggaam is na ‘n volskaalse soektog gevind.
Marisha Bezuidenhout, sy ma, het haar tydens die soektog na sosiale media, South Africans in Kefalonia, se Facebook-blad gewend en gesê: “Hi, My son went missing today just north of Sami. Please help us find him. I know coast guard is doing searching. The more people help the better the chances of finding him. Please help us find Benjamin.”
Sy het nadat sy liggaam gevind is gesê: “It is with great sadness and a broken heart that I confirm that my son’s body was found where the boat was anchored. I want to thank each and every person for the messages, shares, connections, offer to help.”
Knysna High School het die volgende op sosiale media gedeel: “OUDSKOLIER: Dit is met leedwese dat ons verneem van die afsterwe van Benjamin Bezuidenhout (matriek 2022). Ons innige simpatie met sy ouers en familie.
Judith Lewis Stride het op die Matt Berrett’s Greece Travel Guide Facebook-blad ‘n plasing van ‘n ander blad gedeel waarin gesê is Bezuidenhout was ‘n dekhulp op die katamaran “Seventh Heaven. Ten tyde van die voorval het hy saam met ‘n kliënt se seun geduik en het ‘n masker en snorkel aangehad. Die kliënt se seun het na die boot teruggekeer, maar Bezuidenhout het verder geduik, waarna hy vermis was.
Bronne: The Greek City Times, American Insider, Matt Barrett’s Greece Travel Guide





