VSA. – Die Amerikaanse regering het gesê dit sal vereis dat besoekers van ander lande ‘n deposito van $15 000 betaal wanneer hulle om ’n toeriste- of sakevisum aansoek doen.
Lees ook: Geen boeliery by prins Harry se liefdadigheid gevind nie
Die VSA-staatsdepartement het gesê die 12-maande loodsprogram se doel is om te keer dat mense langer bly as wat hulle visum toelaat en vir gevalle “waar die keuringsinligting nie voldoende is nie”. Volgens die departement is die program nodig vir ’n “duidelike nasionale veiligheidsbedreiging”.
Die departement het nie gesê watter lande die deposito gaan moet betaal nie, maar dit sluit moontlik inwoners van Malawi en Zambië in. Die departement het gesê die deposito sal terugbetaal word aan die inwoner wanneer hulle die VSA betyds verlaat.
Bronne: BBC, USA Today, New York Times
Lees ook: Geen boeliery by prins Harry se liefdadigheid gevind nie





