Liggaam van vrou moontlik van leerlingvlieënier

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van die vrou waaroor Nuusflits vroeër berig het, wat op ‘n plaas in die Canelands gevind is, is moontlik dié van ‘n leerlingvlieënier wat vermis geraak het.

“Die identiteit van die oorledene is nie bevestig nie.”

Reaction Unit South Africa sê hulle is vanoggend gebel deur ‘n vrou wat ‘n familielid van ‘n vermiste 20-jarige leerlingvlieënier is. Die vrou het vir Rusa gesê sy is seker die liggaam is dié van haar familielid en het die slagoffer se hare wat helderpienk gekleur is, beskryf.

Die vermiste vrou is oorspronklik van die Oos-Kaap, maar het na die Ethekweni-area verhuis om haar vlieënieropleiding by Virginia-vliegveld te voltooi. Sy is by Sydenham-polisie as vermis aangemeldna sy Saterdagoggend ‘n kroeg saam met ‘n man verlaat het en sedertdien nog nie weer gesien is nie.

“Die familie wend tans pogings aan om die ondersoekbeampte te kontak om met die uitkenning van die liggaam te help.”

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Vrou se gedeeltelike naakte liggaam is Dinsdagaand op ‘n plaas in Canelands gevind.

Reaction Unit South Africa het ‘n oproep vir hulp van die plaaseienaar ontvang. Hy het glo terwyl hy op die plaas gepatrolleer het, bene onder ‘n bos sien uitsteek.

Reaksiebeamptes was omstreeks 22:20 op die toneel en het die liggaam van ‘n vrou, met beide hande vasgebind, aangetref. Die vrou, wat nog nie uitgeken is nie, het ‘n kort nagrok aangehad en het ‘n kleurvolle pruik/haarverlengings. Haar liggaam was gedeeltelik in komberse toegemaak. Volgens Rusa is die vrou verkrag.

Reaksiebeamptes kon sigbare liggaamlike beserings sien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief