Brekende Nuus
Afrikaans

Liggame gevind tydens soektog na 3 vermiste konstabels

Liggame gevind tydens soektog na vermiste konstabels

fotokrediet: Verskaf
Liggame gevind tydens soektog na vermiste konstabels fotokrediet: Verskaf

CENTURION. – Die SAPD het bevestig drie liggame is in die Hennopsrivier langs die N1 gevind tydens die soektog na drie vermiste konstabels. Die liggame is nie geïdentifiseer nie en volgens brig. Athlenda Mathe is die polisie op soek na nog ’n liggaam en enige ander bewyse wat met die saak kan help.

Lees ook: Drie konstabels sedert Woensdag vermis

Konst. Cebekhulu Linda (24), konst. Keamogetswe Buys (30) en konst. Boipelo Senoge (20) was in ’n wit VW Polo op pad van Bloemfontein na Limpopo toe hulle vermis geraak het.

Die laaste plek waar hulle gesien is, was by die Engen-vulstasie naby die Grasmere-tolplaza op die N1.

Hulle selfone en voertuigopsporingtoestel is sedert Woensdag, toe hulle verdwyn het, af.

Bronne: SAPD

Lees ook: Drie konstabels sedert Woensdag vermis