Liggame van nog gyselaars in Gasa gevind

Lees ook :

Liggame van nog gyselaars in Gasa gevind fotokrediet: X

GASA. – Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gister bevestig die liggame van nog twee gyselaars is gister in Gasa gevind.

Lees ook: Gyselaar se liggaam gevind in Gasa

Een van die gyselaars wie se liggaam gevind is, is Yair Yaakov wat op 7 Oktober 2023 in sy huis in Kibbutz Nir Oz deur die Palestynse Islamitiese djihad doodgemaak is.

Die liggaam van nog ’n manlike gyselaar is gekry, maar sy identiteit is nog nie bekend gemaak nie. Volgens Netanyahu is die gyselaar se familie in kennis gestel. Die liggame is in Khan Younis gevind.

Altesaam 53 gyselaars is steeds in aanhouding in Gasa, van wie vermoedelik 20 nog lewe.

Bronne: DW – South Africa, BBC, New York Times

Lees ook: Gyselaar se liggaam gevind in Gasa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief