Liggame van polisiesersant en vriendin met skietwonde gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Sers. Nkosinathi Thumbatha (35) en Ntokozo Granny Magagula (29), verbonde aan Schoemansdal-polisiestasie, se liggame is Maandag met skietwonde by Aniva in Boschfontein naby Malelane ontdek.

Volgens kol. Donald Mdluli het ‘n kollega van die sersant bekommerd geraak toe hy nie vir diens opdaag nie en is na sy huis toe waar die lewelose liggame van die sersant en sy vriendin aangetref is. Alle rolspelers is ontbied en beide is op die toneel dood verklaar. ‘n Moord- sowel as ‘n geregtelike doodsondersoek is geregistreer.

Mdhluli sê die polisie kan tans geen aannames oor die insident maak nie, maar die ondersoek sal feite openbaar.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela het ‘n beroep op polisielede gedoen om hulp te soek indien hulle met huishoudelike probleme gekonfronteer word.

“Such tragic incidents can be prevented if the affected parties seek for professional help. Within the SAPS, we do have a section that specialises with the wellness of members and the services thereof are offered freely as the professionals are employed as well as paid by the state. I therefore plead with members to effectively make use of the Employees Health and Wellness (EHW) where they can be alleviated of any social pressures they might encounter in life.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief