Liggame van soldate oorlede in Kongo terug in Suid-Afrika

Lees ook :

Liggame van soldate oorlede in die Kongo terug in Suid-Afrika
Liggame van soldate oorlede in die Kongo terug in Suid-Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: Name van SA-soldate in Kongo dood, bekend

PRETORIA. – Die liggame van die twee soldate wat deur ‘n mortierbom gedood is in die Demokratiese Republiek die Kongo het gister in Pretoria aangekom.

Kapt. Simon Mkhulu Bobe en onder-korporaal Irven Thabang Semonowere se liggame is gister teruggebring na Suid-Afrika. Na ‘n kort gebed is hulle kiste wat met vlae bedek is na voertuie gedra terwyl hulle kollegas hulle salueer het.

Die twee soldate is op 14 Februarie dood terwyl nog drie soldate in die aanval beseer is. Twee is uit die hospitaal ontslaan en een is steeds opgeneem.

Die aanval is glo uitgevoer deur die M23-rebelle in die gebied.

Bronne: eNCA, IOL, Defence Web

Lees ook: Name van SA-soldate in Kongo dood, bekend

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief