Liggame voor in voertuig gevind, munisipale wetstoepasser in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Twee liggame is Woensdagoggend omstreeks 07:00 voor in ‘n voertuig in Quigney in Oos-Londen gevind. ‘n Munisipale wetstoepasser (30) is op aanklagte van moord en poging tot moord in hegtenis geneem.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die polisie was van die liggame in ‘n Nissan Almeira langs ‘n hotel ingelig. Met aankoms is een liggaam in die passasiersitplek en een in die bestuurdersitplek met skietwonde aangetref. Beide was reeds oorlede.

‘n Derde slagoffer is geskiet en gewond in ‘n hotelkamer wat bespreek was gevind en is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Woensdagmiddag laat is ‘n persoon na Oos-Londen-polisiestasie om ‘n bedrogsaak oop te maak. Hy het inligting van die insident in Quigney verskaf. Polisielede het dit verdag gevind, ondersoek ingestel en dadelik die persoon as verdagte, wat op die misdaadtoneel geplaas is, in hegtenis geneem.

Die verdagte sal Maandag op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord in die Oos-Londen-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief