KAAPSTAD, WES-KAAP. – ’n Ligte aardbewing wat 3.4 op die Richterskaal gemeet het, het Woensdagmiddag om 15:14 in die Suid-Atlantiese Oseaan sowat 76 km noordwes van Kaapstad plaasgevind.
Volgens die Europese-Mediterreense Seismologiese Sentrum was die fokuspunt slegs 10 km onder die episentrum. Die presiese grootte, episentrum en diepte van die aardbewing sal glo vasgestel word namate seismoloë deur hulle berekeninge gaan en aanpassings maak.
Volcano Discovery sê geen skade is deur die aardbewing veroorsaak nie. Volgens hulle sou inwoners van die nabye kusgebied slegs ligte skuddings indien enige, gevoel het.
Bronne: Volcano Discovery, Europese-Mediterreense Seismologiese Sentrum





