Ligte brand maar geen pasiënte by nuwe hospitaal vir geestesgesondheid nie

Lees ook :

Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap, het vanoggend 1 Maart 2019 ‘n oorsiginspeksie gedoen by die nuwe hospitaal vir geestesgesondheid wat Kimberley tot dusver R2 biljoen gekos het om te bou.

“Die ligte brand en daar woord skoon gemaak, maar vir wie? Hier is nog geen meublement nie en ook geen pasiënte nie. Kimberliete wag nou al jare vir die amptelike opening van die hospitaal. Die LUR van gesondheid sê hulle wag vir die nodige akkreditasie voordat pasiënte toegelaat mag word. Dit doen onreg aan die pasiënte wat tans by die gevangenis aangehou moet word terwyl daar ’n baie mooi hospitaal is wat jare terug reeds gereed moes gewees het,” verduidelik Louw.

Louw sê: “Die DA gaan druk plaas op Fufe Makatong, LUR van gesondheid en die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, vir antwoorde oor ’n datum vir die amptelike opening van die nuwe hospitaal.”

Vorige besoek aan die hospitaal.

Lees ons vorige artikels, Psigiatriese pasiënte moet in tronk bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief