FiND IT het my so baie geleer

Ek het hier geleer dat ek tot baie meer in staat is as wat ek gedink het. Ek het nie besef dat ek binne slegs sewe maande soveel kon groei en leer nie. Dit gaan nog steeds my verstand te bowe. FiND iT is ‘n plek waar ek myself...

Ek het hier geleer dat ek tot baie meer in staat is as wat ek gedink het.

Ek het nie besef dat ek binne slegs sewe maande soveel kon groei en leer nie. Dit gaan nog steeds my verstand te bowe.

FiND iT is ‘n plek waar ek myself kan wees, waar ek aanvaar word, maar nog steeds onder soveel druk my beste ten alle tye wil gee.

Ek was nooit ‘n groot voorstander van sosiale media nie, maar hier het ek besef watter groot impak een “post” kan hê, hoeveel mense eintlik belangstel in hulle medemens en wat in hul tuisdorp aangaan. Dit is verbasend hoeveel mense sosiale media gebruik om met ander mense te kommunikeer.

Ek weet FiND iT gaan vir baie jare nog bestaan en ek is so geëerd om deel te wees van dié suksesvolle nuuskoerant!

Baie geluk FiND iT! – Kristen Meyer

Laura Wolvaardt teken meeste punte sover by ODI aan vir Proteas

Vandag is Wêreldkunsdag

Kan jy die naam van Bernice se volgende enkelsnit raai?

Man van Kroonstad sedert fratsvloede vermis

Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld

Man verdrink op Saldanhabaai

Dink mooi voordat jy ’n onderwyser word

Christine van OME! deel verlowingsvideo

Voetgangers sterf toe voertuig in hulle inploeg

KYK: Dirk van der Westhuizen se hartroerende besoek aan kankerpasiënt

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde