Ligte vliegtuig beland binne-in hoërskool se snoepwinkel

Lees ook :

Foto's: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – ‘n Ligte vliegtuig het Sondagoggend in die snoepwinkel by die Hoërskool Alberton in Ekurhuleni vasgevlieg.

Sisa Majola van burgerlugvaartowerheid sê in ‘n verklaring die afdeling vir ongeluk- en insidentondersoeke (AIID) het ’n ondersoek begin ná ’n noodlanding omstreeks 11:20 by ’n hoërskool in Alberton gemaak is.

‘n Vluginstrukteur en studentevlieënier wat aan boord van die Tecnam P92 Echo-vliegtuig met registrasienommer ZU-BJX was, het nie besrings opgedoen nie. Die vliegtuig en skoolgebou is egter beskadig. Die vliegtuig het vanaf Rand-lughawe opgestyg vir ’n privaat vlieënierlisensietoets en was op pad terug na dieselfde lughawe toe die voorval plaasgevind het. Daar word vermoed die vliegtuig het ’n enjinstilstand ervaar wat tot die gedwonge landing gelei het. ‘n AIID-ondersoeker is na die toneel gestuur om bewyse te versamel vir die finale verslag wat ná voltooiing van die ondersoek uitgereik sal word.

Luidens ‘n verklaring deur Steve Mabona, GDO-woordvoerder, word die omstandighede van die voorval deur owerhede ondersoek. Die departement het bevestig dat die voorval nie skoolbedrywighede of die matriekeindeksamen sal ontwrig nie. Ouers is versoek om toe te sien dat leerders hul eie kos skool toe bring terwyl herstelwerk aan die snoepwinkel gedoen word. “Die departement prys die skoolbestuur, nooddienste en lugvaartowerhede vir hul vinnige reaksie met hierdie voorval,” het Mabona gesê.

Yusuf Abramjee van Crime Watch sê in ‘n plasing op X die vlieginstrukteur en sy studentevlieënier was glo besig met ‘n finale evaluasie van ‘n vlugtoets vir ‘n privaat vlieglisensie, toe enjinprobleme ondervind is. ‘n Noodlanding wat vir die skoolrugbyveld bedoel is, het in die snoepwinkel geëindig.

Nuusflits het kommentaar van Burgerlugvaartowerheid en die polisie gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief