WINDHOEK, NAMIBIË. – ’n Ligte vliegtuig het Vrydagmiddag neergestort kort na sy opstyging vanaf die Eros-lughawe in Windhoek.
Volgens Kanaal 7 was dit ’n Cessna 406 wat ’n noodlanding in Rieckmannstraat in Pionierspark probeer maak en aan die brand geslaan het.
Die toestand van die vlieënier en passasiers is nie bekend nie. Verskeie motors en infrastruktuur in die straat is beskadig.
Bronne: Kosmos 94.1, Kanaal 7





