Brekende Nuus
Afrikaans

Limpopo-ongeluk eis 13 onder wie 10 onderwysers

Foto: Limpopo departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid
Foto: Limpopo departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO. – Altesaam 13 persone, van wie 10 onderwysers, het Dinsdagoggend omstreeks 05:50 in ‘n ongeluk op die R521-pad gesterf toe ‘n Toyota-minibus en ‘n Hyundai-swaarmotorvoertuig trompop gebots het.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê in ‘n verklaring die ongeluk het in mistige omstandighede langs Enkelbosch-plaas tussen Polokwone en Dendron plaasgevind. Van die oorledenes se familielede was op die ongelukstoneel. Die LUR, Florence Radzilani, het motoriste, veral in die oggendure, tot ekstra versigtigheid gemaan en medelye teenoor die families van oorledenes uitgespreek.

Matome Taueatsoala, woordvoerder vir die departement van onderwys in die provinsie, sê in ‘n verklaring 10 onderwysers het in die ongeluk omgekom. Die oorledenes is beide manlike bestuurders van die voertuie en 11 passasiers, nege vroue en twee mans, insittendes van die Toyota-minibus.

Die onderwysers was aan die Capricorn-distrik verbonde. Die LUR, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, het gesê: “”It is with a heavy heart to learn about the untimely deaths of 10 of our departmental workforce who unfortunately lost their lives through a fatal accident on the R521 route between Polokwane and Dendron this morning.We therefore convey our heartfelt condolences to the family and friends of the deceased. This is a great loss to Team Education in Limpopo.”

In kommentaar op Facebook op die verklaring van die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het ‘n leser gevra die paaie moet breër gemaak word.