LIMPOPO. – Marko Grobler van Hoedspruit is tydens Agri Limpopo se kongres as dié provinsie se Toyota Jongboer van die Jaar vir 2025 aangewys.
Agri Limpopo sê in ‘n sosialemediaplasing Grobler het in sy toespraak vier lesse gedeel: “Help altyd. Leef met dankbaarheid. Moet nie dat jou planne ooit opraak nie. Maak altyd tyd vir ’n grappie.”
Agri Limpopo het hul dank uitgespreek vir die geleentheid om jong boere in die provinsie te ondersteun en aan te moedig. Elias van Santam, Brandon van OBARO, Rudolf van Nedbank en Ivan van Seesa was die beoordelaars.





