Lojaliteitskaart nou by Horseshoe Inn

Lees ook :

Die Horseshoe Inn het nou ’n lojaliteitskaart.

Jacques Gouws, bestuurder by die Horseshoe Inn, sê kliënte kan nou met dié kaart punte verdien en sodoende baie geld spaar.

“Ons het die kaart gekry om iets meer vir ons kliënte te bied. Horseshoe Inn het reeds wonderlike spesiale aanbiedinge en ons kry geweldige goeie terugvoer vanaf ons kliënte. Dis die lekkerste plek om te kuier en te eet.”

Jacques sê die lojaliteitskaart bied jou die geleentheid om op jou verjaarsdag ’n geskenkbewys te kry en jy kan jou eie punte op die kaart sien.

“Ons kan nou ons dienslewering en produktiwiteit meet. Die kaart wys ook wie ons beste kelner of kelnerin was.”

Die kaart kan by beide Horseshoe Inn en Kalahari Lodge gebruik word. As jy so ’n kaart soek, bel Horseshoe Inn by of maak ’n draai by die restaurant.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief