HANKEY, LONDEN. – Die polisie en ‘n ambulansdiens is Woensdag om 22:50 na ’n toneel ontbied waar hulle ‘n vierjarige kind met meswonde aangetref het. Hy het by die hospitaal aan sy beserings beswyk.
’n Vroulike verdagte (41) wat aan die seun bekend is, is op die toneel in hegtenis geneem. Volgens bure is die seuntjie se ouers onlangs geskei en het die pa uitgetrek.
Polisielede moes die voordeur oopbreek om in die huis te kom. Hulle het die vrou en die kind op die boonste verdieping gevind.
’n Ooggetuie het vertel dat sy gesien het toe polisielede die vrou na buite neem. Die voorkant van haar lyf was na bewering vol bloed. Verder vertel bure die vrou was altyd vriendelik en het gereeld gestop om geselsies te maak.
Supt. James Conway van die metropolisie het gesê dit was ’n geïsoleerde insident en het geen bedreiging vir die groter gemeenskap ingehou nie.
Bronne: SkyNews, Telegraph, The Independant





