Louis B en Rachie van ‘Boer soek ’n Vrou’ trou

Lees ook :

Louis B en Rachie van Boer soek ’n vrou trou. Foto's: Facebook

SUID-AFRIKA. – Boer Louis Botha en Rachie van Staden wat mekaar tydens die vyftiende seisoen van die Boer soekn Vrou-reeks ontmoet het, het Saterdag 17 Februarie afgehaak. Die paartjie het in Augustus 2023 verloof geraak.

Marciel Hopkins, aanbieder van die program, het ’n video van die paartjie op hul troudag gedeel. “Liefste Louis B en Rachie het die naweek op my verjaarsdag getrou – hoe spesiaal? Hulle liefde was magical om te sien groei en ek weet daar lê ’n leeftyd van die mooiste avontuur vir hulle voor,” het sy geskryf.

Louis het aan die einde van die vyftiende seisoen vir Rachie as iemand wat hom “verstaan soos niemand anders nie,” beskryf.

Bronne: Marciel Hopkins Facebook-blad, Boer soek ’n vrou Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief