Lt.genl. Mzwandile Petros deur Acsa as voorsorg geskors

Lees ook :

Foto: ACSA

GAUTENG. – Lt.genl. Mzwandile Petros (62), die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se uitvoerende hoof vir ondernemingsveiligheid en voldoening, is as voorsorgmaatreël geskors hangende die uitkoms van ‘n onafhanklike ondersoek na bewerings van operasionele onreëlmatighede.

Volgens Acsa is die besluit geneem om die integriteit van die ondersoekproses en enige huidige of toekomstige prosesse te beskerm. Mary-Ann Joubert sal tydelik die leisels by hom oorneem om operasionele stabiliteit te verseker.

Die organisasie het bevestig dat daaglikse bedrywighede nie deur die besluit geraak sal word nie.

Petros was die voormalige provinsiale polisiekommissaris in beide Gauteng en die Wes-Kaap.

Lees hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief