Lughawemaatskappy verbeter infrastruktuur met opgraderings by 9 lughawens

Lees ook :

Foto: OR Tambo Internasionale Lughawe Facebook

GAUTENG. – Die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het Donderdag aangekondig dat dit ’n landwye onderhoud-en-uitbreidingsprogram aan infrastruktuur oor al nege van sy lughawens loods. Die doel is om operasionele doeltreffendheid, passasierservaring en langtermyn groei te verbeter.

Luidens ‘n uitgereikte verklaring is daar by O.R. Tambo Internasionale Lughawe (Ortia) reeds opgraderings aan ablusiegeriewe aan die gang wat teen Desember voltooi sal wees. Ander belangrike projekte sluit nuwe straalbrandstoflyne, vervanging van kragopwekkers en passasierslaaibrûe, asook opgraderings aan hysbakke, roltrappe en landings- en weerstelsels in. Acsa werk saam met die regering en ander rolspelers om die projekte met minimale ontwrigting te voltooi.

Mpumi Mpofu, Acsa se uitvoerende hoof, sê projekte word tussen laat 2025 en 2027 beplan: “Hierdie program dui op Acsa se herstel ná Covid-19 en ons vermoë om in kritieke infrastruktuur te belê.”

Lees die volledige verklaring hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief