Luislang maak hom tuis op gordynreling

Lees ook :

Foto: Nick Evans

KWAZULU-NATAL. – Nick Evans, ‘n gesoute slangvanger, vertel hoe ‘n enorme luislang onlangs in ‘n kamer in Inanda-vallei van ‘n gordynreling afgehaal is. Die slang is daarna veilig vrygelaat.

Evans sê die oproep het van ‘n sakeperseel gekom. Hy en sy vriende is dadelik soontoe, waar die 3 meter lange luislang rustig op ‘n gordynreling gelê en dut het.

Die veiligheidswag het vertel hy het die massiewe slang op die stoep gesien en dit met ‘n bak die kamer ingelok. Die vertrek is daarna veilig toegesluit. Evans sê dié ongewone braafheid word nie aanbeveel nie.

Dit het drie persone gekos om eers die kop te beveilig, voordat die lyf van die slang van die gordynreling losgemaak is. Dit was volgens Evans nie maklik nie, aangesien die slang pure spiere is. Die gordynreling was ‘n ongewone plek om die luislang aan te tref, maar hy sê dié slange klim goed. Die slang was in goeie gesondheid en is veilig in ‘n natuurlike habitat, weg van mense, vrygelaat.

Evans sê hy doen bewusmaking deur praatjies en het gevra slange, veral luislange, moenie doodgemaak word nie. Hy bedank die personeel wat hulle gekontak het en die veiligheidswag wat gehelp het sodat die slang nie kon ontsnap nie. Hy verduielik voorts die luislang van Suid-Afrika is ‘n beskermde spesie en dit is onwettig om hulle dood te maak, aan te hou of te verkoop.

Bron: Nick Evans – Snake Rescuer Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief