Luislang sluk hond in en nog een probeer rooibok verorber

Lees ook :

Foto's: Critter Chronicles

NOORDWES. – Twee luislange het onlangs amok gesaai toe een eers ‘n familietroeteldier ingesluk het en ‘n ander een in ‘n aparte voorval probeer het om ‘n rooibok te verorber.

Critter Chronicles het in beide insidente gehelp en beide die luislange is veilig in Pilanesberg-natuurreservaat losgelaat.

Volgens die Kormorant het Charlotte Molefe van Bethanie op Brits se werker op die ongewone toneel afgekom waartydens ‘n 4.1 m lange luislang van 30 kg besig was om die familiehond te verorber. Jac-Louis Horn van Critter Chronicles het tot die redding gekom en die allemintige groot luislang het die hond uitgespoeg. Die hond het egter nie meer gelewe nie.

Dit was egter nie die einde nie. Nog ‘n oproep is van ‘n aangrensende plaas ontvang van ‘n rooibok wat uit die greep van ‘n luislang van 3.8 m gered is.

Bronne: Critter Chronicles en Kormorant

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief