Die internasionaal-bekende sanger, Arno Carstens, het verlede week sy nuwe enkelsnit uitgereik. Hoe gaan dit kan op Spotify, Apple Music, Soundcloud en YouTube geluister word.
Volgens Carstens konfronteer die lied die leegheid wat gelaat word deur vriende en geliefdes wat Suid-Afrika verlaat. “Dit is ’n ode wat ek geskryf het aan diegene wat ons op ’n manier verloor het en dit lewer kommentaar oor die werklike impak van sulke drastiese afstande op vriendskappe.”
Hy meen die gevoel van verlange word raakgevat in die melodieë waarin hy die redes agter vriende se vertrek erken, maar tog treur oor die afstand wat dit skep.
Hy deel op sy Twitter-blad meer oor die reis en persoonlike inspirasie agter die lied.
Bronne: Arno Carstens Twitter-blad, YouTube





