Die sangers, Riaan Benadé en Demi Lee Moore, se nuwe duet, Hemel en hel is vandag uitgereik. Albei sangers het aan die lied geskryf.
Hemel en hel vorm deel van Benadé se nuutste album, Die Lot, wat vandag aanlyn beskikbaar gestel is.
Hy en sy pa, Franna Benadé, se Ken jy die land is ook op die album. Marno van der Merwe en Georic Lomas sing saam met hom die lied Vertrou my.
Volgens Benadé was dit ’n voorreg om weer saam met Demi ’n duet op te neem. “Hemel en hel gaan oor daai spesiale persoon wat jou alles is … jou hemel, maar soms ook jou hel. Ongeag van dit kan julle nie sonder mekaar lewe nie,” skryf hy.
Kliek hier om na sy volledige album op Spotify te luister.
Hemel en hel wat Benadé saam met Demi Lee Moore sing:
Bronne: Riaan Benadé, YouTube





