Brekende Nuus
Nuus

Lux Deo NG Kerk vra families om as van geliefdes te gaan haal

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Lux Deo NG Kerk in Arconpark, Vereeniging, vra families en naasbestaandes wie se geliefdes se as in die kerk se Muur van Herinnering bewaar word, om die kerkkantoor dringend te kontak en teen 31 Desember 2026 alternatiewe reëlings te tref. Die gemeente het besluit om die muur te verwyder. Ná die sperdatum sal die oorblywende kissies na ’n ander geskikte plek wat die kerk kan bekostig, verskuuf word. Sien die lys hier onder.

Connie Stroebel van die Lux Deo NG Kerk sê in ’n kennisgewing die proses duur reeds langer as ’n jaar en 257 kissies is al aan families oorhandig. Die besluit hou verband met die gemeente se finansiële uitdagings en ’n moontlike samesmelting met twee nabygeleë NG-gemeentes. Die kerk vra ook dat mense wat kan help om die oorblywende families op te spoor, die kerkkantoor by 016 428 3508 skakel of ’n e-pos aan [email protected] stuur.