Lyfstraf voorgestel om oorbevolking in gevangenisse te verlig

Lees ook :

Foto: Pieter Groenewald

WES-KAAP. – Dr. Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, het Dinsdag tydens sy begrotingsrede in die nasionale vergadering voorgestel dat lyfstraf heroorweeg moet word as ’n moontlike oplossing om oorbevolking in gevangenisse aan te spreek.

Groenewald het talle probleme uitgelig wat in die gevangenisstelsel ondervind word.

Een van die grootste kwessies wat die minister beklemtoon het, is oorbevolking, met meer as 60 000 beskuldigdes wat wag om verhoor te word, van wie meer as 2 000 nie borgtog van minder as R1 000 kan bekostig nie. Bedrae in rand en sent is gegee sodat die erns van kostes wat van die belastingbetaler kom, verstaan moet word. Hy het ook verduidelik hoeveel reeds bespaar is met onder meer selfonderhoudende bakkerye en gesê waar beplan word om nog oop te maak.

Die minister onderneem om sy streng benadering tot parool toe te pas, veral in gevalle waar gevangenes lewenslange vonnisse uitdien en bygevoeg rehabilitasiekursusse is nie ‘n waarborg vir parool nie.

Maniere om buitelandse gevangenes na hulle eie lande terug te stuur, word ook ondersoek, sodat hulle dadelik gedeporteer sal word en tronkstraf in die land van herkoms sal uitdien. Diegene wat reeds ‘n vonnis voltooi het, moet onmiddellik gedeporteer word.

“Ons moet ’n debat begin om te vra: behoort ons nie lyfstraf terug te bring nie?” het Groenewald aan die einde van sy toespraak gesê. Die praktyk van lyfstraf is in 1996 deur ’n parlementêre wet in gevangenisse verbied.

Kyk hier na die toespraak van minister Pieter Groenewald of bo in die berig.

BRONNE: Vryheidsfront Plus, IOL, Times Live, Cape Town etc., en Sowetan Live

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief