KWAZULU-NATAL. – Twee lyfwagte het Donderdag tydens ‘n skietery by Umhlathuze-munisipale kantore, gesterf.
Kol. Robert Netshiunda sê ‘n lyfwag wat van diens af was het na bewering ‘n lyfwag wat aan diens was, doodgeskiet, waarna hy noodlottig deur ‘n ander lyfwag gewond is.
Die motief van die skietvoorval, wat tans nog onbekend is, sal met die ondersoek bepaal word.





