Ma bekommerd oor seun, het reeds kinders verloor

Lees ook :

Foto's: Verskaf

GAUTENG. – Aubrey Visagie (43) is ‘n diabeet wat ‘n ruk gelede weens infeksie in ‘n skeurtjie aan sy voet ‘n voetoperasie ondergaan het. Die operasiewond het glo nie na wense gesond geword nie en Visagie is in ‘n hospitaal op Springs opgeneem en behandel. Sy ma sê hy word nie tans sedeer nie, maar is op sterk medikasie.

Johani Labuschagne Olwagen, sy ma, verduidelik Visagie het op 2 Februarie net voor middernag sleg begin voel, waarna syself en sy vrou, Lizelle, hom na Parklands-hospitaal op Springs gehaas het. Hy is opgeneem waar hy sedertdien is. Toetse het op kompartement-sindroom gedui en vloeistof moes van sy been dreineer word. Olwagen sê indien dit drie dae later was, was haar seun oorlede.

Visagie se niere het begin probleme gee. Hy het ook ‘n virus opgedoen en die dokter wag nog vir die laboratoriumuitslae. Hy moes reeds twee operasies ondergaan en moet vir ‘n derde keer teater toe om die wonde te behandel. Sy ma vertel sy bloeddruk het geval en hy het reeds ses keer ‘n bloedoortapping gekry. Hy gaan heel waarskynlik ‘n veloorplanting op sy wonde moet ondergaan. Visagie kry ook fisioterapie.

Olwagen sê sy het reeds twee ander kinders aan die dood afgestaan en probeer haar bes om haar seun met behulp van sy familie gesond te kry, aangesien hy slegs mediese versekering het.

Sy sê ‘n bietjie goeie nuus is hy was weer vanoggend teater toe waar sy been en voet skoongemaak is en dit gaan beter met hom.

Die bekommerde ma sê Aubrey is haar eersgeborene. Haar seun Gert is stilgebore en haar jongste seun Juan, was 25 jar oud toe hy, sy vrou Doninique (21) en hul babadogter Juanique op 28 Februarie 2009 saam in ‘n motorongeluk oorlede is.

Sy verduidelik sekere toetse en skanderings kan nie vir Visagie gedoen word nie en vra enigiemand wat kan help om sy BackaBuddy-profiel of Facebook-blad te besoek.

“My heart is breaking into pieces and I am devastated about Aubrey’s situation.”

https://www.backabuddy.co.za/aubrey-visagie-5830089286467831254

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief