Ma en baba vermoor, broer in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Ma (31) en haar baba (1 maand) is Vrydag in hulle huis met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Kagiso Thabang Terry Thubane (29), die ma se broer, het in die hof verskyn.

Brig. Hlulani Mashaba sê die dubbelmoord het omstreeks 15:30 in die Nelgra-seksie gebeur. Die verdagte het glo ná die moorde die moordhuis se vensters toegemaak en die deure gesluit, waarna hy gevlug het.

Die vermoorde ma se suster het op hulle liggame afgekom en die polisie ontbied. Twee sake van moord is geopen en die verdagte is gesoek totdat hy hy Saterdag langs die R40 tussen Phalaborwa en Mica in hegtenis geneem is. Die motief vir die moorde is deel van die ondersoek.

Thubane het Maandag op die aanklag van moord in die Phalaborwa-landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek tot 2 Mei uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief