GAUTENG – ‘n Ma en dogter is Saterdagoggend vroeg uit ‘n huis in Jukulyn, Rietgat, noord van Pretoria, tydens ‘n huisroof ontvoer.
Kapt. Tintswalo Sibeko sê polisielede op patrollie het op die klagte gereageer. ‘n Soektog na ‘n gesteelde voertuig en die ma en dogter is geloods. Die gesteelde voertuig kon teruggekry word en twee verdagtes wat probeer vlug het, is in hegtenis geneem.
“Ma en dogter, wat die slagoffers van die misdaad was, is veilig gered.”
Die twee verdagtes, 29 en 34 jaar oud, sal op beskuldiging van huisroof in die hof verskyn.
“Die Tshwane stabilisasie-span sal voortgaan totdat die geaffekteerde gebiede na normaal terugkeer, en misdade soos rooftogte, motorkaping en voertuigdiefstalle aangespreek is.”
Sibekok moedig die publiek aan om kriminele aktiwiteite en misdadigers by die polisie aan te meld.





