Ma en dogter van Upington vermis

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Sharuzaan Losper (25) en haar dogter Sharo-Dee Losper (8) is sedert 25 Maart van hul huis in Louisvaleweg, Upington, vermis.

Sers. Omphile Masegela sê die publiek word versoek om te help om hulle op te spoor.

Die ma was die laaste keer wat sy opgemerk was in ‘n swart legging en groen hemp geklee. Haar dogter het ‘n swart kortbroek en geel T-hemp aangehad.

Masegela sê hulle het die huis verlaat sonder om iemand te sê hulle gaan en het nog nie weer by die huis opgedaag nie.

Enigiemand met inligting oor waar hulle is, kan sers. Tsaone Mocware by 082 495 4615 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief