Ma en drie kinders sterf in brandende ‘shack’

Lees ook :

Foto's: Beaulah Basson Facebook-blad

NOORD-KAAP. – Beaulah Basson (40) en haar drie kinders, 5, 6 en 9 jaar oud, is Donderdagnag dood, nadat hulle woonplek aan die brand geraak het.

Sers. Omphile Masegela sê die familie het glo geslaap toe die woonplek vermoedelik van ‘n brandende kers aan die brand geraak het. Die familie was vasgekeer.

Die polisie en brandweer was op die toneel. Alhoewel die brand geblus is, kon die vier mense se lewens nie gered word nie.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief