Ma en kêrel erken glo hulle het 4-jarige vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Ma (31) en haar kêrel (26) is Donderdagaand op aanklag van die moord op ‘n 4-jarige seun in hegtenis geneem. Die ma het glo aan die plaaslike raadslid erken hulle het die seun vermoor.

Lt.kol. Amanda Funani sê volgens verslae is die seun na bewering verlede jaar vermoor en in ‘n vlak graf in bosse aan die buitewyke van Boitekong begrawe.

Inwoners wat nie die seun sedert Julie 2023 gesien het nie, het onraad vermoed. Die ma het glo verskonings opgemaak. Lede van die gemeenskap het verlede week die plaaslike raadslid genader en die ma het glo aan hulle erken die seun is deur haar en haar kêrel doodgemaak en begrawe. Die ma en die kêrel is deur die gemeenskap aan die polisie oorhandig.

Beide sal vandag op aanklag van moord in die Rustenburg-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief