Ma en kleuterseun doodgeskiet in plas bloed aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Vrou (35) en haar eenjarige seun is Sondag in Bloemspruit, Bloemfontein, deur die vrou se ma in ‘n plas bloed aangetref nadat skote gehoor is. Volgens kapt. Loraine Earle het die tragedie omstreeks 07:00 plaasgevind nadat ‘n rusie in die huis uitgebreek het.

Die paar het die oggend vroeg by die vrou se huis aangekom en in die kamer gesit, waarna ‘n rusie glo tussen haar en die verdagte uitgebreek het. Die meisie se ma het die rusie sonder sukses probeer stop. Sy is na die bure om hulp te kry, toe sy skote gehoor het. Sy het haar teruggehaas huis toe en haar dogter en kleinseun in ‘n plas bloed aangetref. Nooddienste is ontbied, maar beide die vrou en haar kleuterseun is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte het van die toneel gevlug, en ‘n soektog is onmiddellik van stapel gestuur. Hy is later by sy broer (33) in Botshabelo aangetref en in hegtenis geneem. Die vuurwapen, wat vermoedelik in die moord gebruik is, is by sy broer gevind, wat ook vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen gearresteer is.

Beide sal Dinsdag op aanklagte in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.


Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief