Ma en seun rol in voertuig teen wal af

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Ma en haar jong seun het Donderdagmiddag in hulle voertuig op die R612 tussen Umzinto en Park Rynie teen ‘n steil wal afgerol.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens is na die toneel waar die voertuig verskeie kere gerol het. Alhoewel die voertuig erg beskadig is, het die ma matige en die seun geringe beserings opgedoen.

Die ma is gestabiliseer, waarna sy deur nooddienspersoneel teen die wal af na ‘n wagtende ambulans gedra is.

Die kind is aan sy pa oorhandig.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief