Ma en seun verskyn in hof oor moord ná argument tydens sokker

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES – Refilwe Molekoa (36) en haar seun, Goitsemang Madibela (19), het Woensdag in die Moretele-landdroshof verskyn op aanklag van moord ná ’n gesinsargument wat tot die dood van Lucas Molekoa (63) gelei het.

Luitenant-kolonel Amanda Funani het verduidelik dat die voorval plaasgevind het in die Maubane-woonbuurt, waar Molekoa en Madibela na ’n sokkeruitsending op televisie gekyk het. ‘n Argument het tydens die uitsending ontstaan. Refilwe het tevergeefs probeer om tussenbeide te tree.

“Daar word verder beweer Refilwe het besef haar man is besig om haar seun te oorweldig en het Molekoa met ‘n voorwerp oor sy kop geslaan, waarna hy ineengestort het en met ‘n tou verwurg is.”

Ma en seun het buite vir hulp geskree en beweer hulle was slagoffers van ‘n huisroof. Die polisie, wat na die toneel ontbied is, het die ma en seun ondervra en later van moord aangekla.

Refilwe Molekoa en Goitsemang Madibela bly in aanhouding tot hul borgaansoek op 13 September.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App