Ma gearresteer wat glo met kleuter se liggaam in tas reis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Vrou (32) is Maandag vir haar beweerde betrokkenheid by haar kleuterdogter (3) se dood in hegtenis geneem. Sy het glo 30 km met ‘n taxi van Mzamba na Mbizana-polisiestasie met die kind se liggaam in ‘n reistas afgelê, waar sy die kleuter se dood aangemeld het.

AO Majola Nkohli sê volgens polisierekords het die verdagte na bewering Sondag die kleuter alleen by die huis gelos en vir haar kêrel gaan kuier. Sy het aan die polisie gesê met haar tuiskoms het sy die kind leweloos langs ‘n deur aangetref. In plaas daarvan om mediese of polisiehulp te vra, het sy die kleuter se liggaam in die tas gesit en daarmee in ‘n taxi geklim. Sy is in hegtenis geneem toe sy die tas by die polisiestasie aanbied.

Die verdagte sal Woensdag op aanklagte van strafbare manslag, kinderverwaarlosing en regsverydeling in die Mbizana-landdroshof verskyn.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief