Ma gevonnis wat dogter steek omdat sy haar kos eet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

FRASERBURG, NOORD-KAAP. – Sielja Konstabel (48) is in die Fraserburg-streekshof gevonnis, nadat sy haar dogter (12) op 21 Augustus 2021 in die linkerskouer gesteek het.

Sers. Timoty Sam sê die hof moes hoor die ma was woedend omdat haar kind haar kos geeët het. Sy het ‘n mes gegryp en haar dogter in die skouer gesteek. Die dogter het die voorval by die polisie aangemeld. Die ma is in hegtenis geneem.

Sy is skuldig bevind en Woensdag op die aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer ‘n vonnis van 7 jaar tronkstraf, opgeskort vir 5 jaar, op voorwaarde dat sy nie enige ander verwante misdaad pleeg nie, opgelê.

Lt.genl. Koliswa Otola het speur.AO Charl Blignaut met die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief