Ma in aanhouding na baba se dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Vrou (33) is in hegtenis geneem na haar baba Maandag in wat as verdagte omstandighede deur die polisie beskryf is in Boikhutso Trust buite Bosbokrand gesterf het.

Kol. Donald Mdhluli sê voorlopige ondersoek dui aan die baba het moontlik weens vergiftiging gesterf. Die insident is deur ‘n plaaslike begrafnisondernemer onder die polisie se aandag gebring. Die polisie het die baba dood op die toneel in die teenwoordigheid van die ma aangetref. Ondersoek na die omstandighede en oorsaak van die baba se dood is reeds aan die gang.

Die motief vir die insident is onbekend.

Mdhluli sê die ma sal binnekort in die Bosbokrand-landdroshof voorkom.

Dr. Zeph Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale kommissaris van die provinsie, het die beweerde moord op die kind veroordeel en gevra frustrasies moenie op onskuldige kinders uitgehaal word nie: “Die wet behoort sekerlik beslissend te handel met enige persoon wat kinders skade aandoen, ongeag enige verskoning waaraan mens mag dink. Ons rol is om die kwesbares te beskerm, insluitend kinders.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief