Ma in hof na seun aan verwurging sterf

Lees ook :

Foto: De Villiers Primêr

WES-KAAP. – Ashwin Jonkerman (7) het op Sondag 11 Augustus by sy huis in Korhaanlaan, Bridgeton, Oudtshoorn, gesterf. Sy ma sal weer Dinsdag op aanklag van moord in die hof verskyn.

Sers. Christopher Spies sê die Oudtshoorn-polisie is die dag omstreeks 11:30 na die toneel ontbied waar die seun leweloos in sy slaapkamer aangetref is. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

“Die polisie het aanvanklik ‘n geregtelike doodsondersoek geopen. ‘n Nadoodse ondersoek wat later gedoen is, het egter getoon die slagoffer het aan verwurging gesterf. Die dossier is daarna na moord verander.”

Die seun se ma (39) is na verdere ondersoek op Woensdag 21 Augustus in hegtenis geneem en het Vrydag op aanklag van moord in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.

“Die beskuldigde is in aanhouding en die saak is tot 27 Augustus vir regsverteenwoordiging uitgestel.”

Primêre Skool De Villiers het intussen ‘n troosdiens vir die oorlede seun gehou.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief