Ma in hof op klag van moord op baba

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Andisani Dephney Nthabalala (20) van Mailaskop het Maandag vlugtig op ‘n aanklag van moord op haar drie maande oue baba in die Tshitale-landdroshof verskyn.

Mashudu Malabi-Dzhangi, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring daar word beweer die beskuldigde het op 1 Augustus die baba doodgemaak deur haar been teen die kind se nek te druk totdat sy beswyk het. Ooggetuies het die baba na die naaste kliniek geneem, maar sy is met aankoms dood verklaar.

Die saak is tot 12 Augustus uitgestel om die beskuldigde in staat te stel om regsverteenwoordiging te bekom. Nthabalala bly tot haar volgende hofverskyning in aanhouding.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief