Vrou in hegtenis wat glo baba doodwurg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Vrou (20) is in hegtenis geneem nadat ‘n drie maande oue baba Vrydag omstreeks 18:00 in Mundzezi glo deur haar doodgewurg is.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring polisiebeamptes was op patrollie toe hulle omstreeks 18:30 na die Vleifontein-kliniek ontbied is. Daar is hulle ingelig dat twee individue ‘n kind wat oorlede is, na die kliniek gebring het. Die liggaam van die kind is op ‘n bed uitgewys.

Twee persone het aan die polisie gesê hulle het saam met die verdagte, wat die baba in haar arms vasgehou het, buite die huis gesit. Die verdagte het opgestaan en die baba die huis in geneem. Ná ’n paar minute het die twee persone in die huis gaan kyk wat aangaan. Daar het hulle glo die verdagte aangetref waar sy besig was om die baba te wurg. Hulle het ingegryp, die baba gevat en vinnig met hom na die plaaslike kliniek gehaas, waar hy deur mediese personeel dood verklaar is.

’n Saak van moord is geopen en die verdagte, ’n familielid van die oorledene, is opgespoor en in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is onbekend, maar die verdagte sal binnekort in die Makhado-landdroshof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief