Ma in hof vir moord nadat kinders sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Ntanganedzeni Siphugu (27) het vlugtig op twee aanklagte van moord in die Tshilwavhusiku-landdroshof verskyn. Sy het vermoedelik vir haar kinders gif ingegee.

Mashudu Malabi, NVG-woordvoerder, sê die saak hou verband met ’n voorval op 1 Junie in Madabani, waar sy na bewering ’n giftige middel aan haar twee minderjarige kinders, van ses en nege jaar oud, toegedien het. Daar word beweer dat albei kinders die volgende dag siek geword het. Een van hulle is na ’n kliniek gehaas waar hy dood verklaar is, terwyl die tweede kind later by die huis oorlede is. Die polisie het die ma ná ’n ondersoek in hegtenis geneem. Sy staan nou op twee aanklagte van moord tereg.

Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 12 Junie uitgestel. Siphugu bly intussen in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief