Ma op aanklag van moord gearresteer na baba se dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Ma (23) is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat die liggaam van haar babadogter, sowat drie dae oud, langs ‘n hoofweg gevind is.

Sers. Christopher Spies sê die polisie is op Maandag 19 Augustus omstreeks 11:00 na die toneel oorkant Kwanokuthla ontbied, waar die babameisie deur mediese personeel dood verklaar is.

“Ondersoek het die polisie na ‘n nabygeleë hospitaal geneem waar ‘n vrou vroeër vandeesmaand aan die baba geboorte geskenk het. Die vrou is in Kwanokuthula opgespoor en op ‘n aanklag van moord in hegtenis geneem.”

Die ma, wat in aanhouding is, sal vandag vir die eerste keer in die Plettenbergbaai-landdroshof verskyn.

Spies sê die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief