Ma se kêrel vir beweerde verkragting van tiener vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (33) is vir beweerde verkragting in aanhouding, nadat hy glo sy meisie se dogter gedurende Maart en Junie 2023 verkrag het.

Kol. Malesela Ledwaba sê die slagoffer het haar ma eers op 28 April van die beweerde verkragtings vertel nadat die ma en die verdagte ‘n argument oor hulle verhouding gehad het. Beide die beweerde voorvalle het plaasgevind toe die ma nie tuis was nie. Die verdagte het gevlug.

Die polisie is in kennis gestel en ‘n saak is oopgemaak en deur die Groblersdal-GKS ondersoek. Maandag is die verdagte opgespoor en in hegtenis geneem waar hy in die Lefiso-woonbuurt weggekruip het.

Die verdagte sal op 2 Mei in die Siyabuswa-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief